Local news

Hier is nóg vyf velde in maatskaplike werk

As deel van 'n bewusmakingsveldtog, deel 'n maatskaplike werker in Mbombela meer inligting oor verskillende velde in dié beroep.

As een van die stigterslede van die Mbombela Social Workers Forum, deel Marla Louw hierdie week meer oor nog vyf velde in maatskaplike werk.

Dit vorm deel van ‘n veldtog vir Maart, waarin Wêreld Maatskaplike Werkdag val. Louw het voorheen oor ‘n paar ander velde gesels.

Eerstens, sê Louw, is ouer persone in ons gemeenskappe van onskatbare waarde en het hulle soms meer sorg nodig.

“Dus bied maatskaplike werkers programme en aktiwiteite aan om hulle te ondersteun om veranderinge wat op fisieke, emosionele en geestelike vlak plaasvind, te hanteer.”

Verder is maatskaplike werkers in gesinsadvokaatkantore gemoeid met ondersoeke by die onderskeie ouers indien daar ‘n dispuut rondom die kind oor ouerlike regte en veranwoordelikhede ontstaan.

LEES OOK: Maart is die maand vir maatskaplike werk

Die rehabilitasiesentrums het ook maatskaplike werkers nodig om kliënte wat in afhanklikheid vasgevang is, met terapie en behandelingsprogramme te help ten einde ‘n verandering in hul gedrag te sien.

‘n Forensiese maatskaplike werker moet ‘n meestersgraad hê om te kan praktiseer. Dié werkers spesialiseer in geregtelike ondersoeke en tree as gespesialiseerde getuies op.

Nóg ‘n veld in maatskaplike werk is dié van bedryfsmaatskaplike werk. Dit is ‘n gespesialiseerde veld waarin daar aan die maatskaplike en psigies-emosionele behoeftes van die werknemer voorsien word om maksimum werksbevrediging en produktiwiteit te verseker.

Die laaste vyf velde word volgende keer bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button