Breek weg na Mbombela Stadion vir hierdie musiekfees
Afrikaans gaan by dié gesellige fees koning kraai.

Grawe solank jou kampstoele uit, trek jou piekniekkombers nader en oefen maar aan jou gunsteling- Afrikaanse saamsingliedjies, want op 29 en 30 April is dit tyd vir die Wegbreekfees.
Van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf gaan op die verhoog te siene wees. Hulle sluit onder meer Demi Lee Moore, Jay, Refentse, Brendan Peyper, Die Heuwels Fantasties, Nádine en Chris Else in. Plaaslike kunstenaars soos die oud-Nellie Zimri gaan die feesgangers ook lekker saam laat sing en dans.
Buiten dié vermaak gaan daar ook kos wees om van te kies en te keur, en ‘n biertent waar dinge lekker gesellig kan raak.
LEES OOK: Pumas the Currie Cup log leaders after sublime victory over Cheetahs XV in Bloemfontein
Die Wegbreekfees skop reeds om 09:00 af en duur voort tot middernag.
Kaartjieverkope is reeds oop en beloop R250 vir volwassenes, R150 vir pensioenarisse en R100 vir kinders onder 16.
Vir die volledige lys kunstenaars en om jou kaartjies te koop, besoek die Wegbreekfees se Facebook-blad of die webtuiste by wegbreekfees.co.za.
Mbombela Stadion is die plek om te wees vir hierdie musiekfees!

