Afrikaanse sperwer dood aan beserings ten spyte van kenner se pogings
Bewaring van geveerde vriende belangrik vir natuurliefhebbers.
Die natuurliefhebber en herpetoloog, Neels Bothma, het op ‘n beseerde Afrikaanse sperwer, Accipiter tachiro, afgekom en dit na ’n plaaslike veearts geneem.
Bothma het die sperwer op 3 April naby PostNet in Voortrekkerstraat gevind.
Die sperwer is ‘n roofvoël en sy habitat is gewoonlik hoë bome en digte takke waar hy met gemak op sy prooi kan afduik.
Die voël se beserings was van só ‘n aard dat dit nie oorleef het nie.
“Die X-strale het verskeie frakture in sy vlerklid aangedui, en die voël sou nie weer kon vlieg nie. Ons probeer altyd om enige dier eers ‘n kans op oorlewing te gee. Ek wil die veeartse in Lydenburg bedank wat altyd bereid is om tyd daaraan af te staan. Niemand kan met sekerheid sê hoe die sperwer beseer is nie,” het Bothma gesê.
Indien hulp met wildlewe en slange benodig word, skakel Bothma by 082 730 3047.

