Local news

Leraarspaar van Lydenburg vier 60ste herdenking

Ds. Jan Prinsloo en sy vrou, Bets, het op 6 April hul 60ste huweliksherdenking gevier.

Die egpaar het reeds in 1985 hierheen verhuis, waar hy tot sy aftrede in 2007 die leraar van die Hervormde Kerk was. Hul huwelikspad het in 1963, begin en hulle is in Nylstroom in die eg verbind. Vir 60 jaar is hulle steeds ’n ware voorbeeld van die Skrifgedeelte van 1 Korintiërs 13:13:

“En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.” Hulle het vir ’n wyle in Windhoek gewoon. In 1964 het hulle Nylstroom toe verhuis, waarna hulle hul in Pretoria gevestig het. In 1974 het Jan vir ‘n BA-graad ingeskryf en dit buitemuurs aan die einde van 1981 voltooi. Daarna het hy sy BD-graad behaal en is hy as predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika gelegitimeer.

Hy is na die Orkney-Oos-gemeente beroep waar hulle as pastoriepaar tot aan die begin van 1985 opgetree het. Daarna het hulle hul in Lydenburg gevestig. Jan het in 2007 afgetree, maar is steeds by die Hervormde Kerk in Dullstroom betrokke. Hulle het kinders, skoonkinders, kleinkinders en ‘n agterkleinkind.

Lees meer hier: Osse en -waens kan geliefdes weer in Witrivier bymekaarbring

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button