Local news

Nelspruit Rugbklub vaar beter by derby-naweek

Gemengde uitslae was verlede naweek op die kaarte vir dié klub, met beide 'n wen en 'n verloor.

Ná 13 Mei se nederlae op die veld in hul ligawedstryde teen Witrivier Rugbyklub, het 20 Mei se derby-naweek so ‘n rapsie beter vir die Nelspruitse klub gegaan.

Nelspruit se B-span het sake met hul teenstanders aan die teenoorgestelde kant van die stad, die Universiteit van Mpumalanga, uitgespook. Die klub het hul opponente in die eerste wedstryd van die middag ore aangesit en tjoeftjaf met die universiteitspan afgereken, met ‘n gemaklike 36 punte teenoor 0.

LEES OOK: Uplands and Penryn derby: always a classic clash!

In die tweede kragmeting tussen Nelspruit se A-span en die UXi Pumas verbonde aan die universiteit, het sake ‘n bietjie meer na die ander kant toe geleun.

Alhoewel die UXi Pumas dalk die wedstryd met 44 punte gewen het, het Niel Manley van Nelspruit dit reggekry om die eerste punte aan te teken deur vroeg-vroeg ‘n strafskop oor die pale te laat seil.

LEES OOK: Laerskool Laeveld groet ‘n legende na 36 jaar

Van daar af was dit egter ‘n opdraande stryd met die UXi Pumas wat net te slinks vir die tuisspan was.

Dit is egter ook nodig om te noem dat daar agt gekontrakteerde Pumas-spelers in die instituutspan was, wat hulle pak net soveel meer versterk het.

Maar ‘n wen bly ‘n wen, en die UXi Pumas verdien hul oorwinning. Die finale telling was 47-3.

LEES OOK: Netball World Cup trophy en route to South Africa

In Barberton het dié klub se spanne Witrivier Rugbyklub in hul ligawedstryde aangevat.

Barberton Rugbyklub se A-span het ‘n oorwinning van 45 punte teenoor 13 behaal, terwyl Witrivier met 52-12 met hul B-span afgereken het, maar weer met 26-36 teen dié se derde span vasgeval het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button