Local news

NHS Eagles is die Ehlanzeni-bekerkampioene!

Ná 'n taai stryd en gelykopspel aan die einde van die volle 60 minute, het die NHS Eagles hulle teenstaanders van Curro in ekstratyd ore aangesit.

Die koring is van die kaf geskei in vanjaar se Ehlanzeni-hokkiebeker wat vanaf 26 tot 27 April in die Laeveld plaasgevind het.

Die o. 19-seunspanne van Hoërskool Rob Ferreira, Penryn College, Hoërskool Bergvlam, Curro Nelspruit, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Lydenburg en Lowveld High het sake op die veld uitgespook om dié gesogte titel te bekom.

LEES OOK: Lila Swift bied ontvlugting met debuutenkelsnit

Curro Nelspruit en Hoërskool Nelspruit (NHS) se eerste spanne het deur hul rondewedstryde gewoeker om hul plek in die finaal te bespreek, en het mekaar op Woensdag 17 Mei die stryd aangesê.

Na vier kwartiere en die bal wat heen en weer oor die veld geslaan word, uitstekende verdediging en vele aanvallende pogings, het beide spanne met geen punt op die telbord geëindig, wat beteken het dat hulle op strafdoele moes staatmaak om die kampioen te bepaal.

LEES OOK: Woelwaters hou minisportdag by Laerskool Nelspruit

Vyf spelers van NHS en vyf van Curro het om die beurt die bal na die doelhok gedryf. Beide spanne se doelwagters was op hul stukke en het hul bes gedoen om die aanvalle af te weer.
Dit was egter die doelwagter van NHS, Ruan van der Merwe, wat die held van die dag was. Hy het dit reggekry om al Curro se pogings af te weer. NHS se Eagles het dus met drie strafdoele teenoor nul gewen.

NHS se o. 14- en o. 16-spanne het ook as wenners in hul ouderdomsgroepe uitgetree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button