Local news

Spesiale aand saam met Willem Botha by NHS

Hoërskool Nelspruit het onlangs 'n grimeermeesterklas met Willem Botha by die skool aangebied as deel van 'n revue-fondsinsameling.

Met al die kaartjies uitverkoop, het 300 dames by Hoërskool Nelspruit vir ‘n heerlike aand van grimeerkuns bymekaargekom.

Willem Botha het op 24 Mei ‘n grimeermeesterklas aangebied. Daar was voor sy aankoms egter ‘n gelukkige trekking waar talle pryse gewen is – dis genoeg om enige plek ‘n behoorlike kuieratmosfeer te gee.

> Foto: Verskaf

Die vroue het aan Botha se lippe gehang toe hy vertel hoe Willem Botha Beauty tot stand gekom het. Dit het dalk die gehoor se aandag vasgevang, maar toe Botha vir Chené Basson begin grimeer, kon hulle glad nie wegkyk nie. Hy het sommer baie tegnieke en wenke met die vroue gedeel.

LEES OOK: Seldsame verskynsel ‘n hoogtepunt vir gesin wat wildtuin besoek

Die funksie het nie net die doel bereik wat die organiseerders daarvoor in gedagte gehad het het nie, maar het ook ‘n geleentheid geskep waar dames bymekaar kon kom en lekker kuier.

Hené Pieters het die geleentheid as ‘n fondsinsameling vir die skool se revue gereël.

NHS het elke borg, die gasvroue wat na hul tafels omgesien het en Botha en sy span, asook elke dame wat die meesterklas bygewoon het, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button