Local news

Amore se Griekse tragedie vermaak iedereen in Mbombela

Destyds was dié liefdesteleurstelling dalk vir Amore Bekker 'n tragedie, maar vandag vermaak sy haar gehore met hierdie einste verhaal.

Die voormalige RSG-radio-omproeper, Amore Bekker, het almal – oud en jonk, man en vrou – op 9 Junie met haar storievertelling by die Rubicon-aftreeoord aan haar lippe laat hang.

Bekker se verhaal, My Griekse Tragedie, handel oor haar eie pad met die liefde in die negentigerjare saam met haar eie Griek, Stavros, of soos haar pa hom genoem het, ‘Skatkis’.

LEES OOK: Sunbirds stop Tornados in their tracks at the Telkom Netball League

Daar is lekker saam gelag. Hier en daar het ‘n tannie na haar asem gesnak, ‘n omie ‘n opmerking gemaak en die jonges hul wenkbroue gelig.

Nodeloos om te sê, het die gehoor hulself in dié Griekse romanse ingeleef, maar hoe kon jy dan nou anders met Bekker se emosiebelaaide en geesdriftige storievertelling, nes luisteraars haar op haar radioprogram, Al Hoe Bekker, 20 jaar gelede op RSG leer ken het?

LEES OOK: Airlink Pumas and Cell C Sharks go to battle for place in Currie Cup semi-final

Alhoewel Bekker se liefdesverhaal vir lekker vermaak gesorg het, het dit ‘n boodskap daaraan verbonde gehad wat handel oor ‘n mens se intuïsie. Sy vertel haar intuïsie het haar ‘n slegte voorgevoel oor Skatkis gegee, en dat die mense so ook hulle eie intuïsie moet vertrou.

Bekker se drie wenke in verband met intuïsie is eenvoudig. Eerstens moet jy weet dat jy dit het, jy moet dit vertrou, en laastens moet jy bereid wees om daarop te reageer.

Die dag se vermaak is afgesluit met ‘n koppie tee in die hand en heerlike versnaperinge in elkeen se bordjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button