Local news

Laerskool Nelspruit as vanjaar se Mpumalanga Grootskole Rugbykampioene gekroon

Vier van Laerskool Nelspruit se rugbyspanne het hulle harte op die rugbyveld uitgespeel tydens hul finale wedstryde van dié rugbyliga om as die bestes in hul onderskeie ouderdomsgroepe van die veld af te stap.

Middelburg het die naweek van 9 tot 10 Junie gasheer vir die finale ronde van uitspeelwedstryde vir die o. 9-, o. 10-, o. 11- en o. 13-ouderdomsgroepe gespeel om te bepaal wie die beste laerskoolrugbyspanne in Mpumalanga vir hul onderskeie groepe is.

Die toernooi is in drie kategorieë verdeel, naamlik klein, medium en groot skole.

Laerskool Nelspruit het egter geskiedenis gemaak deur in al vier ouderdomsgroepe as die Mpumalanga Grootskole Rugbykampioene vir 2023 gekroon te word.

LEES OOK: Sunbirds stop Tornados in their tracks at the Telkom Netball League

Die Nellies het dié spogprestasie al in 2017 in krieket behaal, maar nou is die vier ouderdomskampioene in een jaar vir rugby ook deel van die skool se trotse geskiedenis.

Die o. 9A-Welpies het in Vrydag se halfeindronde 27-0 teen Laerskool Middelburg gewen en het Saterdag die Mpumalanga Grootskole Kampioene-titel verower nadat hulle Laerskool JJ van der Merwe met 12-0 in die finaal geklop het.

Nellies se o. 10A-Leeutjies het in hul halfeinde op dieselfde dag met Laerskool Klipfontein afgereken (45-0) en het Laerskool Kruinpark met 31-0 geklop om boaan hulle ouderdomsgroep te eindig.

LEES OOK: Injured hiker rescued in Waterval Boven

Die o. 11A- Jong Leeus het twee naelbytuitspeelrondes gehad, waar die #NellieGuts uiteindelik die deurslaggewende rol gespeel het. In Vrydag se halfeindronde klop hulle Laerskool Klipfontein in ‘n spannende wedstryd met 5-0. Die finaal teen Laerskool Goedehoop was geensins makliker nie, en die Nellies wen uiteindelik met 14-7 om die trofee
te lig.

Die Land Rover Nellie Leeus 1ste XV het die beste vir laaste gehou. Hulle klop Middelburg Primary met 55-12 in Vrydag se halfeindronde en wen die finaal gemaklik met ‘n rekordtelling van 41-0 teen Laerskool JJ van der Merwe. Wat dié span se prestasie nóg meer merkwaardig maak, is dat hulle met al 20 hul wedstryde hierdie seisoen ‘n totaal van 811 punte aangeteken het en slegs 94 punte afgestaan het. Hulle druk 123 drieë en gun hul opponente slegs 16 geleenthede om oor die lyn te draf.

LEES OOK: Pumas dig deep to defeat Sharks at King’s Park in Durban

Ade Adendorff, hoofafrigter van die Leeus, het oor die jare al baie goeie skoolspanne afgerig. Hy is nie skaam om te noem dat daar twee spesiale spanne is wat bo die res uitgestaan het nie – die 2005-span van Kimo van Huyssteen (kaptein) en natuurlik vanjaar se Land Rover Leeus XV van James Williams.

“Beide 2005 en 2023 se Nellies- eerste rugbyspanne was besonders spesiaal, maar vandag het hierdie groep seuns van 2023 net bevestig dat hulle die beste skolespan is wat ek tot dusver afgerig het,” het Adendorff gesê. ”Ons wens julle net die beste toe by Hoërskool Nelspruit se rugbyakademie en die o. 14’s in 2024.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button