Local newsNews

Word wyser oor die gezoem van die bye in Lydenburg

Ter bewusmaking van die belangrikheid van bye in die ekosisteem, word interessanthede oor die insekte op Saterdag 24 Junie by die Longtom SUPERSPAR uitgestal.

Bekende byeboere soos Inge Lotter van Mbombela gaan van haar produkte en heuning uitstal. Gerra Camacho, ook ‘n amateurbyeboer, en die bekende karnivoorspesialis Gerrie Camacho se seun, kom van sy korwe wys.

Frans Labuschagne, ‘n professionele, bekroonde byeboer van Ohrigstad, se produkte word ook te koop aangebied.
Een van die onderwerpe na aan Labuschagne se hart is die gehalte van heuning op die rakke. Op sy plaas geniet bye inheemse plante asook laventel, basiliekruid, roosmaryn, aalwyne, salieplante en vele meer.

Lees ook: Airlink jumps on board to support Pumas in Bloemfontein

Die amateurbyeboere en byeliefhebbers wil Saterdag graag aan mense verduidelik wat regte heuning is, en nie bloot ‘n suikerstroopmengsel as heuning smous nie.

“Bewusmaking van bye is vir ons so belangrik. Bye het blomme nodig om nektar te maak. Blomme kan langs die pad vir hierdie doel gekweek word. Ons hoop hierdie bewusmakingsdag gaan vir almal interessant wees,” het Hantie van Wijk gesê. Van Wijk, sameroeper van die byedag saam met Leana Luies, het self byekorwe op haar plaas, en die voortbestaan van bye lê haar baie na aan die hart.

Die uitstallings sal vanaf 09:00 gereed wees om te besigtig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button