Local news

Tegnologievrye vakansietydverdryf by Church Unlimited Nelspruit

Saam sing, leer en speel was die daaglikse roetine by hierdie kinderklub.

By Church Unlimited het vakansiepret ’n nuwe baadjie aangetrek – een wat kinders weg van tegnologie af lok en nader aan ander bring, asook nader aan hul Skepper.

Van 3 tot 7 Julie is kinders tussen gr. 1 en 6 by dié kerk se Holiday Bible Club besig gehou. Hier het hulle saam gelag, gedans, gesing en gespeel, maar ook hul vrye tyd gebruik om aan hul verhoudings te werk.

Riana Roux, die vakansieklub se koördineerder, sê hulle het juis die klub begin vanweë die besef dat gesinne nie altyd saam tydens skoolvakansies weggaan nie, omdat die ouers steeds werk. Die kinders bring dus dikwels hul tyd alleen by die huis deur.

“Ons wou ‘n geleentheid skep waarin ons hierdie kinders in ‘n veilige omgewing meer van God se Woord kan leer terwyl hulle ook tonne pret het,” het sy gesê.

Daar word elke jaar op ’n nuwe tema vir die klub besluit, en ’n hele program word daarom gebou. Die tema vir 2023 se klub was die gawes van die Gees.

“Hulle word nuwe liedjies geleer wat aan die tema gekoppel is. Die kinders kyk ook na ’n fliek wat gebruik word om hierdie gawes op hul vlak te verduidelik.”

LEES OOK: Jock Classic awaits cyclists on Sunday

Roux voeg by dat hulle ook handvlyt wat verband met dieselfde tema hou, beoefen, en deur die dag met speletjies waaraan hulle in spanverband moet deelneem, besig gehou word. Die Holiday Bible Club is dus ’n drie-in-een-affêre: vermaak, leer en sosialiseer!

Die ouers hoef ook nie bekommerd te wees het dat hul bloedjies met leë mae huis toe keer nie. Hulle het versnaperinge tydens teetyd geniet en ook ’n lekker middagete gekry om hul energievlakke hoog te hou.

LEES OOK: Woelgees in die Witrivier-gemeenskap laat reuseleemte

Roux vertel dat dit jaar na jaar ‘n reusesukses is, en dat daar selfs diegene is wat elke jaar terugkom omdat hulle nie die pret en plesier wil misloop nie.

“Dis ’n tegnologievrye week, so die kinders leer ook van voor af om betekenisvolle bande met ander kinders te smee.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button