Nelspruit Hospice hou sakeontbyt saam met Dawie Roodt
‘Business of the Day - An Analysis’ is die tema vir Nelspruit Hospice se sakeontbyt op 20 Julie, met Dawie Roodt aan die woord.
Die stigter, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Group, Dawie Roodt, is binnekort terug in die stad vir nog ’n sakeontbyt.
Nelspruit Hospice bied die geleentheid met die tema ‘Business of the Day – An Analysis’ aan.
Landi Bezuidenhout van Nelspruit Hospice sê die praatjie is ter stywing van hul fondse, sodat hulle voort kan gaan om ’n spesialis- palliatiewe tuisversorgingsdiens aan baie siek pasiënte te lewer.
LEES OOK: OPVOLG: Laerskool Laeveld se tydelike noodtrappe dalk teen begin van derde kwartaal voltooid
Die praatjie vind op 20 Julie vanaf 08:00 tot 12:00 by die Emnotweni Arena plaas.
“Dit beloof om ’n lewendige, insiggewende oggend te wees, met interaksie van die gehoor,” sê Bezuidenhout.
Kaartjies kos R300. Besoek Nelspruit Hospice se Facebook-blad of skakel die organisasie by 013 744 0095 om meer uit te vind.
