Local news

Immergroen Neil Sandilands kuier in die Laeveld

Neil Sandilands se aanhangers het onlangs 'n heerlike tyd by sy konsert gehad. Hy het van sy mees geliefkoosde nommertjies, soos “Huistoe” gesing.

Die gewilde Suid-Afrikaanse akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands en sy orkes het onlangs die Laeveld met hul landswye wintertoer kom besoek.

Hy het op 14 Julie sy aanhangers by The Pub in Mbombela kom vermaak, en het onder andere van sy sielsoekende nommers op sy jongste album, Allegaarkie vir ‘n askeet, opgevoer.

Sandilands en Frank Freeman op kitaar, Schalk Joubert op baskitaar en Ronan Skillen op perkussie, het hoë gehalte musiek opgelewer.
As ’n storieverteller van ’n aard het die musikant kortverhale van sy inspirasies gedeel.

LEES OOK: Stewige vier mure na jare in karavaan vir man van Lydenburg

Hy is veral bekend as Bart van 7de Laan, maar deesdae woeker hy met sy talente oorsee. Hy was vroeër die meesterbrein, The Thinker, in die DC Comics-reeks, The Flash, en nou onlangs op Netflix se Sweet Tooth die skurk, genl. Abbot.


Hy het onder andere “Huistoe”, “Stilte wat raas” en “Kômmosêdiesê” gesing, en het daarmee die gehoor se harte gesteel, veral toe hulle begin saam sing.

LEEK OOK: Nelspruit Hospice hou sakeontbyt saam met Dawie Roodt

Sandilands sê dit was ’n heerlike ervaring om die energie van sy Mbombela-aanhangers te kon beleef.
Die toer is op 15 Julie op Kaapsehoop voortgesit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongekile Khumalo

Bongekile is a junior journalist focusing on community news in Mpumalanga, with also a distinctive interest in impactful human interest stories. She began her career in 2019 and was recognised as an upcoming journalist in 2020.
Back to top button