Local newsSport

Blitsige katte van Lydenburg wen weer Laeveld-liga

Op sekerlik die koudste middag van die jaar, het Malelane Rugbyklub die onderspit in Lydenburg gedelf.

Malelane en die tuisspan, die Rooikatte, het Saterdag in die finaal van die Ehlanzeni Mayor’s League (Laeveld-liga) gespeel. Die eindtelling was 42-26 in die Rooikatte se guns.

Die Rooikatte het vyf drieë en Malelane het drie drieë aangeteken. Donavan Theart, heelagter van die Rooikatte, was vir 15 van die punte verantwoordelik.

Lees ook: Lydenburg se ossewaens na Voortrekkermonument

 

Hy is as die beste agterspeler aangewys en Xolisa Nqgandana was die voorspeler van die wedstryd.
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die Rooikatte die liga wen.
Volgens Flip Hennop, die spanbestuurder, het die Rooikatte vanjaar hulle uitstekend van hul taak gekwyt.

Die wenspan.

“Ons klub is reeds ‘n 100 jaar oud en elke jaar het ons spelers wat ons naam hoog hou. Teen rustyd was die telling amper gelykop, maar in die tweede helfte het die Rooikatte gewys wat in hulle steek. Ek is baie dankbaar vir elke speler se harde werk en die ondersteuning van Lydenburg,” het Hennop gesê.

Die span bedank graag die volgende borge wat hul vanjaar ondersteun het: Namakonjane, Morgan Nissan, LSK Engineering, Yvette Labucshagne, Marula Eiendomme, Eccowell, Maubra, Sinnoville, Toyota, Sanlam Turn2Bluestar, Booyco en JamJar Restaurant.

Foto: Michelle Boshoff.
Foto: Michelle Boshoff.
Foto: Michelle Boshoff.
Ruan Venter (Malelane), Christiaan Labuschagne (Rooikatte) en Bongani Sambo (Malelane) is hier in ’n stryd vir balbesit gewikkel.
Flipp Hennop (Rooikatte-spanbestuurder) en Schasta Hennop.
Johan Vorster. 
JC Beetge (Rooikatte) en Gustav van Rooyen (Malelane). Foto: Jenise Colsby.

Christiaan Labuschagne (Rooikatte) word deur WP van der Merwe (Malelane) ingehardloop. Foto: Jenise Colsby.

Christiaan Labuschagne (Rooikatte) het balbesit en word deur Tiaan Botha (Malelane) geblok. Foto: Jenise Colsby.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button