Local newsNews
Lusmakers en goeie geselskap by basaar op Lydenburg
Die NG Moedergemeente was weer sinoniem met heerlike eetgoed en samesyn.
Die basaar het op 29 Julie op die historie kerkgronde van de NG Moedergemeente plaasgevind.
Oudergewoonte het die vars groente- en -vrugtetafel dadelik die langste ry gehad, met sakpaspryse en bokse sitrusvrugte.
In die kerksaal het basaargangers tougestaan vir tuisgebak, pannekoek, ‘n vleistafel en al die tradisionele eetgoed.
Lees ook: Kroon van 4×4-uitdagings lewer hope aksie buite Burgersfort
Die basaargangers kon ook rustig in die winterson onder ‘n groot tent ‘n heerlike plaasontbyt met mooi gedekte tafels nuttig.
Die kerk bedank graag die gemeenskap vir hul ondersteuning en die lidmate vir hul harde werk.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
