Local news
IN FOTO’S: Potte prut en water spat tydens Laerskool Nelspruit se fees
Potjiekos en waterpret. Is daar 'n beter kombinasie vir 'n Saterdag in Mbombela?

Die perfekte kombinasie van geure en kinderlike geluk het op 19 Augustus by Laerskool Nelspruit se Nellies Wild- en Waterfees geheers.
Terwyl die kinders (en sommige avontuurlustige ouers) die waterafdeling met ‘n reeks gly-, rol- en springaktiwiteite geniet het, het die potjiekosspanne die wildspotte aan die prut gehou.

Daar het ‘n goeie gees geheers wat net toegeneem het met die kombinasie van ‘n wen vir die Springbokke en Adam Tas se musiek.
LEES OOK: Dopper-mark gaan ‘n groot lekkerte wees op Lydenburg
Hoewel die dag effens aan die koel kant was, was daar g’n keer aan enige aktiwiteite nie. Dit was ‘n heerlike samekoms vir oud en jonk.


















At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
