Local news

Skote Petoors! vir Rob Ferreira se dogterskuts

Dié skuts was in die kol by die Mpumalanga-skietfinale op Witrivier.

Die dae dat ‘n pa sy haelgeweer byderhand moet hou ingeval sy dogter ‘n kêrel huis toe bring, is verby, veral wanneer jy by dié sewe gaan kersopsteek.

Sewe van Hoërskool Rob Ferreira se dogters het op 18 en 19 Augustus die Mpumalanga-skietfinale by die skool bygewoon.

Dié sewe het bewys dat dogters ook enigiets kan doen wat seuns kan, en dat jy beslis sal moet ligloop naby hulle, veral as daar ‘n vuurwapen naby is.

LEES OOK: White River greens ready to welcome golfing greats

Hulle het onderskeidelik aan die o. 14-, 16- en 21-ouderdomskategorieë deelgeneem.

Al sewe die Robbies het in die top drie van hul groep geëindig.

Die volgende uitslae is behaal:
• O. 21 – Simoné du Plooy, 1ste plek
• O. 21 – Katy Park, 2de plek
• O. 21 – Nicole du Plessis, 3de plek
• O. 16 – Stephni Laubscher, 2de plek
• O. 14 – Klara Arnoldi, 3de plek.

Tesame met hierdie individuele prestasies is die volgende skuts ook as deel van die Mpumalanga-span gekies: Katy, Stephni, Lillie-Rose Blignault, Zané Potgieter en Klara as reserweskut.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button