Local news

Mbombela-juffroue stel rympieboek bekend

Skaf gerus hierdie prettige boek aan om jou leertemas ook aan te vul.

As daar nie ‘n boek met lekker rympies is nie, dan skryf juffrou sommer haar eie.

Dít was die geval by Bennie Boekwurm Speelgroep toe twee juffroue, Marzaan Styger en Elsa Smith, saamgespan het om ‘n rympieboek aanmekaar te slaan.

Die aankondiging van sy bekendstelling het, soos dit enige rympieboek betaam, met idiome gepaardgegaan.

“Jou vriendin het nie die kat aan die stert beet nie! Die aap is regtig uit die mou. Ons eerste rympieboek het die lig gesien,” het hulle op die speelgroep se Facebook-blad geplaas.

Hulle sê die boekie het nie fênsie blink bladsye nie, net ‘n paar spoggerige rympies uit die twee juffroue se penne, “omdat ons ‘n liefde vir lees en woorde wat rym het, wat boonop nog by die weeklikse temas in ‘n klas pas!”

LEES OOK: Oud-Laevelder-joernalis vertel van nuwe boek

Besonderhede om jou eie kopie te bekom kan op die speelgroep se Facebook-blad gevind word.

Hier is ‘n voorbeeld van een van die rympies:
Jy’s mos nie ‘n mol
Wat grawe in die grond
In tonnels oral rond.
Grawe dus nie in jou neusie!
Gebruik liefs ‘n spierwit snesie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button