FOTOS: Geure wat die mond laat water by Longtom Potjiekoskompetisie buite Lydenburg
Kookvernuf het onlangs die joligste atmosfeer by die Longtom Potjiekosfees buite Lydenburg geskep.
Dit is hoe die geesdrif en gasvryheid altyd heers tydens die jaarlikse Longtom Potjieskosfees. Dit het by Hops Hollow Brewery op 7 Oktober weer groot getalle potjiekosliefhebbers gelok.
Die eienaars van Hops Hollow Brewery in die Longtompas het gashere vir die dag gespeel.
Sewentien spanne het mekaar uitgedaag.

Die wenners was Wynand en Bianca Potgieter, die Dronk Dwergies.
Stefan Kruger en Amaro de Abreu van die Ithaba Gastehuise het die tweede plek behaal en Leon Liversage en John Griesel van Pilgrim’s Horse Trails het die derde plek verwerf. Willie Botha jr. Brian Coetsee, Isak Lombaard (die organiseerder) en die Hops Hollow Brewery se span bedank al die ondernemings wat die dag ondersteun het.

Die organiseerder Brian Coetsee, Isak Lombaard en Willie Botha jr. kon nie vir ‘n beter uitkoms gevra het nie. Volkwagen Highlands was die hoofborg van die dag en die besighede het nie een agteruitgestaan met hul kookvernuf nie.

Lees ook: n Tikkie Franse flair vir Laeveldse fotograaf









