Local news

Bokke, bring die 2023-Rugbywêreldbeker weer huis toe!

As Springbok-ondersteuners moet ons beslis senuwees van staal hê! Die halfeind teen Engeland was definitief ’n riller. Kom ons hoop sake lyk in die eindstryd teen die All Blacks Saterdag effe beter.

’n Mens kon die spanning met ’n mes sny toe die Springbok-ondersteuners op 21 September vir die 2023-Rugbywêreldbeker se halfeindronde byeengekom het.

Laevelder het draaie by The Jock Pub and Grill en Mbombela Gholfklub gaan maak om dié atmosfeer eerstehands te beleef.

Met die laaste note van “Nkosi sikelel iAfrika” gesing het die gemoedere onder die ondersteuners nog hoog geloop. Weddenskappe is geplaas, met tellings soos 9-15 in die guns van die manne in groen wat ingeskryf is. Daar was ook dié wat selfs ‘n nog groter wenmarge voorspel het.

LEES OOK: Lowveld’s 2024 tennis season in full swing

Toe die eerste beslissing teen die Bokke kom en die Rose hul eerste drie punte op die telbord voeg, kon jy sien hoe die skouers begin hang, maar helaas, daar was nog hoop.

Die een beslissing na die ander het die Bokke duur te staan gekom, en teen rustyd was dit duidelik dat ‘n paar Bok-ondersteuners begin wonder het of daar nog kans is vir hulle om hul tellingvoorspellings en weddenskapgeld terug te trek.

Die alkoholiese verversings by die watergate het darem gehelp om die spanning so effens te verlig, maar met ‘n telling van 15-6 vir die meerderheid van die wedstryd, die Engelse wat balbesit domineer en die Bokke wat gesukkel het om die bal te dra, was dít nie eens genoeg nie.

LEES OOK: Van kuierverhoog tot hoofverhoog by Innibos

Suid-Afrikaners kon eindelik ‘n sug van verligting slaak ná Handré Pollard se lang kantlynskop diep in die tweede helfte. Van hier af het sake begin beter lyk, en dit was asof die tafels vol ondersteuners nuwe asem gekry het. Hande is nie meer in die lug gegooi uit frustrasie nie, maar eerder saamgeslaan in luide applous.

Die asems is opgehou toe Bongi Mbonambi gereed staan om die bal by die lynstaan in te gooi. Die Bokke se lynstane het maar gesukkel, maar ‘n goeie paar meter se vordering deur Deon Fourie het die ondersteuners op hul voete gehad, hul oë vasgenael op die skerms!

Dit wat volgende gebeur het, kan nie regtig in woorde beskryf word nie. RG Snyman duik oor vir die Bokke se eerste en ook enigste drie in die wedstryd, maar tussen ons en die finaal was daar nou net ‘n doelskop oor.

LEES OOK: Mbombela Stadium to host Springbok Fan Park

Pollie-pale skop hom oor en die Bokke is voor op die telbord, maar daar is nog tyd oor en die senuwees skop weer in.

As jy lank genoeg jou oë geknip het, sou jy dit mis. Engeland val aan, Bokke keer besit om, Pollie skop uit en alle choas breek los!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button