NG Lydenburg-Suid se basaar ‘n dorpsfees in die kleine
Van pap en kaiings, prego-rolle, pannekoek, basaarpoedings tot vars groente en vrugte was te koop.
Met baie inspirasie en harde voorbereiding het die NG Lydenburg-Suid op 28 Oktober sy jaarlikse basaar aangebied.
Lees ook: Kersligseremonie ter nagedagtenis aan Megan Griesel in Lydenburg
Terwyl ou vriende en lidmate tussen die stalletjies rondgesnuffel het, het ander reeds by die ontbyttafels aangesit vir broodrolle gevul met gekarameliseerde uie, spek en gebakte eiers. Dit was maar net een van die dag se groot lekkertes op die spyskaart.
Vir die kinders was daar ook ‘n hindernisbaan. Dit staan bekend as die ‘Warrior Race’, en die kinders van ander gemeentes neem ook aan hierdie klimraam- en moddergatsessie deel.
Di. Fred en Antoinette Wilson, die gemeente se leeraars, het in die kombuis bontgestaan, en kan hulself en die gemeente op die skouer klop met dié suksesvolle dag,
> Foto’s: Gerda Whitehorn, Michelle Boshoff en Michael Westdyk.





















