Local news

Van Hollywood na die Laeveld tydens Laerskool Nelspruit se revue

Die Nellies het hul gunstelingrolprente nuwe lewe gegee met hul energieke danspassies. Dié rolprente het ’n verskeidenheid van genres gedek - van animasiefilms soos 'Frozen' en 'Toy Story' tot die musiekblyspelle 'High School Musical' en die gewilde 'Grease'.

Van die woelige Nellie Miere tot die amper-in-hoërskool-graadsewes – almal het 26 Oktober tydens Laerskool Nelspruit se jaarlikse revue ‘n draai in Hollywood gaan maak.

In die revue, Nellies in Hollywood, het die Nellies hul gunstelingrolprente nuwe lewe met hul energieke danspassies en betowerende kostuums gegee, wat so ná aan die ware Jakob was soos jy kon kry.

Een na die ander het die klasse op die verhoog verskyn en keer op keer dit hul eie gemaak, wat gesorg het vir luide applous aan die einde van elke film – ‘n teken dat die gehoor ook nes die leerders hulself gate uit geniet het.

LEES OOK: Oud-Nellie borg ‘kant’ in Bongi se eer

Die gekose rolprente het ‘n verskeidenheid van genres gedek – van animasiefilms soos Frozen en Toy Story tot die musiekblyspelle High School Musical en die gewilde Grease.

Oud en jonk het die aand deur gesing en saam-saam hul gunstelingherinneringe van toeka opgeroep.

Vir die jong Nellie Miere was hierdie maar net ‘n voorsmakie van wat nog op hulle wag. Vir die graadsewes is hulle laerskoolhoofstuk op ‘n hoë noot afgesluit, en ná die eksamen wat voorlê kan hulle hul Nellies in Hollywood-ervaring verruil vir Nellies op hoërskool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button