Robbies se prestasies word op Witrivier vereer
Die presteerders op sport-, kulturele en akademiese gebied is tydens ’n spesiale toekenningsaand by Hoërskool Rob Ferreira vereer.
Tydens ‘n spoggerige prysuitdelingsgeleentheid op 24 Oktober is die leerders van Hoërskool Rob Ferreira vir hul bydrae op sport, kulturele en akademiese gebied vereer.
Harde werk word vir seker beloon, en dié leerders verdien die erkenning vir hul prestasies deur die loop van die akademiese jaar.
LEES OOK: Humor en sjiekheid seëvier in Mbombela soos net Nataniël kan
Die volgende leerders het toekennings ontvang:
• Omnia-toekenning (word oorhandig aan die mees veelsydige gr. 12-leerder): Inge-Louise van Wyk
• Duxleerder: Raghav Rajeev
• Diens: Rikus Stoop
• Kultuurleerder: Nicole du Plessis
• Sportseun: Liba Mahlangu
• Sportdogter: Caitlyn Dehrman
• Beste individuele sportprestasie (seun): Jayden Rautenbach
• Beste individuele sportprestasie (dogter): Suzaan Burger
• Uitsonderlike prestasie op internasionale vlak (dogter): Suzaan Burger.
Die mees veelsydige dogter en seun per graad is ook uitgelig:
• Gr. 8: Klara Arnoldi en Hanro Powell
• Gr. 9: Nicolette Shiba en Jethro Foord
• Gr. 10: Elizma van Rooyen en Lohan Pelser
• Gr. 11: Nicole du Plessis en Callum Crawford.







