Local news

Laerskool Numbi se sewes neem aan rugbytoernooi deel

’n Vyfde plek was vir Laerskool Numbi beskore tydens die Fathers’ Ground-toernooi op Witrivier.

Tien van Laerskool Numbi se o. 13-rugbyspelers het op 3 en 4 November aan die Fathers’ Ground-sewesrugbytoernooi deelgeneem.

Die spanne is in drie groepe ingedeel.

Numbi is in die groep van vier spanne ingedeel en eindig hier tweede. Die ander spanne is Witrivier, Badplaas en Mariepskop.
Daarna het hulle na die volgende ronde gevorder, en toe ook die wedstryd gewen.

Lees ook: FOTO’S: Ontsnap saam met Wilna se foto’s na die wildtuin

Die volgende kragmeting was teen Bergland, wat ’n baie sterk span op die veld gehad het. Teen rustyd was Numbi voor, maar die span van Bergland het egter beter rugby gespeel en die stryd gewen.

Uiteindelik het Numbi vyfde geëindig.
Eugene Ngomane is as die speler van die wedstryd gekroon.

Eugene Ngomane. Foto’s: Laerskool Numbi

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Tumelo Waga Dibakwane

Tumelo Waga Dibakwane is a seasoned journalist, who started his career in 2012. He is actively involved in a variety of socio-economic stories that affect communities in the Lowveld at a grassroots level. He has covered a myriad of stories, some of which have highlighted the plight of township and village life.
Back to top button