Local news

Welbekende Laevelder sterf in botsing met vragmotor

’n Botsing teen ’n stilstaande vragmotor op die R40 het gister, 7 Desember, die lewe van ’n plaaslike man geëis.

André Scholtz is Donderdagaand 7 Desember van Witrivier na Mbombela onderweg toe hy noodlottig in ’n motorongeluk beseer is.Scholtz, beter bekend as Gé-Gé, het vermoedelik teen ’n hoë spoed met sy Toyota Hilux teen ’n stilstaande vragmotor op die R40 gebots.

Volgens paramedikus Martin Jeffrey was Scholtz in sy bakkie vasgekeer en moes hulle hom met reddingskake bevry.

Hy is op die toneel dood verklaar.Scholtz se verloofde, Elisca Sevenster, en haar vriendin, Michelle Nel, het kort daarna by die toneel opgedaag.

Lees ook: Jack Russell of a Mbombela family deals with venomous snake

Sevenster sê sy sal Scholtz se laaste woorde aan haar altyd onthou: “Jy is my span.”

Sy sê Scholtz se afsterwe kom aan die einde van ’n wonderlike lewensjaar.

Hy het sy 36ste verjaardag gevier en vir Sevenster die jawoord gevra. Hy het vir sy toekomstige stiefseun, Elruwe Rosner (6), ’n gholfstel gekoop. Scholtz en Elruwe het ’n voorliefde vir gholf gedeel.

Nel onthou Scholtz só: “Hy was the life of the party. Hy was regtig net ’n bondeltjie energie en liefde. Hy het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad en voluit gelewe! Hy gaan so gemis word. Hy was so geliefd!”

Die begrafnisreëlings sal eers getref word sodra Scholtz se ouers vanuit Mosambiek en sy broer uit Texas in Suid-Afrika geland het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button