Local news

Kruger se roofvoëls inspireer Wilna se Kersboodskap aan Laevelders

Hierdie roofvoëls maak vir Wilna Wheater die mooiste boomversierings. Dit het haar onlangs geïnspireer om ’n Kersboodskap aan ons lesers te stuur.

Die jaar is op sy rug en dit is Kersfees, en volgens Wheater ken ons almal mos die kenmerkende Kersboom met versierings wat nou feitlik in elke winkel en huis pronk.

>Foto: Wilna Wheater

Maar vir haar is die mooiste bome dié in die wildtuin wat jou met die heel mooiste versierings van natuurlike oorsprong beloon, naamlik roofvoëls.

 

>Foto: Wilna Wheater
@lowvelder

“Die visarend was in ’n boom reg langs die H1-teerpad vanaf Onder-Sabie op pad na die Krokodilhek toe. Ons was op pad uit die wildtuin na Marlothpark toe. Die visarend het die vis in die Onder-Sabierivier gevang, vermoed ek. Hy het heel ongehinderd en tevrede sy middagete geniet. Dit was nie eers vir hom ’n bedreiging dat ons so naby aan hom in die motor in die pad gestaan het nie. Ek was gelukkig om ’n mooi video te neem, want ons was ook die enigste voertuig langs die teerpad.” > Video: Wilna Wheater #wildlife #wildsighting #fisheagle #krugernationalpark #krugerparksightings #wildwednesday #wildewoensdag #laevelders #wilnawheater #marlothpark #birdsoftiktok #sabieriver #skukuza #skukuza_restcamp

♬ original sound – Lowveld Media

“Soos ek voorheen genoem het doen ek altyd ’n skietgebed voor ek die wildtuin besoek of verlaat, dat ek net iets sal sien wat ek op my lysie kan afmerk. Tydens een van ons onlangse besoeke het ek op ons laaste rit van die Malelane-hek op die S20 naby die Krokodilbrughek vir die eerste keer in my lewe ’n breëkoparend gesien. So in die ry het ’n toeris ewe skielik dwars op die grondpad voor ons tot stilstand gekom. Sy kameralens was dadelik by die motor se venster uit. Ons het ook stilgehou en ’n wilde geskreeu gehoor, en daar word ek met die arend bo in ’n boom beloon. Dit is my gunstelingroofvoël, gevolg deur die visarend, berghaan/bateleur, roofarend, grootjagarend, bruinslangarend en Wahlbergarend, asook die witkopaasvoël en sekretarisvoël.

>Foto: Wilna Wheater
>Foto: Wilna Wheater

“Ek het ook ’n boom opgemerk waar ’n saadjie moontlik jare gelede op ’n groot rots geval het wat heel moontlik ’n kraak in gehad het. Die saad het ontkiem en mettertyd tot ’n volwasse boom gegroei, wat die rots laat bars het. Al voel jy soos hierdie boom, wanneer jy voel die lewe het jou só gedurende 2023 gedruk dat jy gesukkel het om jou wortels dieper in die grond te laat skiet, is my wens vir elkeen wat hier lees dat jy jou doel sal bereik en dat jy lafenis sal vind. Mag daar genadevleuels soos arendvlerke oor jou sprei en beskerming bied.

“Ek wens die Laevelders ’n geseënde Kersfees toe en ’n voorspoedige 2024. Wees geseënd, gesond en gelukkig. Tot ons weer in die nuwe jaar met sy nuwe uitdagings ontmoet. Liefde, Wilna.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button