Geliefde Laevelder vier sy 90ste verjaardag
Behalwe sy 90ste lewensjaar vier hierdie alombekende boer en geliefde Laevelder ook nog sy 63ste huweliksherdenking saam met sy vrou.
Vir die 90-jarige Laevelder, Bertus Slabbert, was 2023 ‘n jaar vol feesvieringe.

Hy het vanjaar nie net dié mylpaal gevier nie, maar ook sy 63ste huweliksherdenking met Marie (87).
Die Slabberts is alombekend en geliefd in die Laeveld. Die egpaar het 44 jaar gelede in Witrivier begin boer, en volgens hulle dogter, Analiza, het hulle van onder af met niks begin.
Hulle word deur Bertus jr. as godsdienstig, standvastig en hulpvaardig beskryf.
Lees ook: FOTO’S en VIDEO: Shenay O’Brien en Lyz Dexia verf Mbombela met ’n skitterende vertoning rooi

Bertus sr. het hom ten spyte van uitdagende omstandighede as ‘n suskesvolle boer in die Laeveld gevestig. Die sukses kan toegeskryf word aan sy deursettingsvermoë en harde werk.

Hy het met tabak en later piesangs geboer. Die plaas is later in ‘n grondeissaak deur die regering oorgekoop.
Die Slabberts het ses seuns in die Laeveld grootgemaak. Drie van die seuns boer steeds hier. Bertus die derde boer tans in die Vrystaat.
Lees ook: Kersloffees wy die feestyd in Mbombela in
Die egpaar het onlangs afgetree. Hulle geniet en bring tyd saam met hulle kinders, 13 kleinkinders, familie en vriende deur.
Hulle beplan om hulle goue jare saam in die Macadamia Aftreeoord te geniet.
