FOTO’S en VIDEO: Shenay O’Brien en Lyz Dexia verf Mbombela met ’n skitterende vertoning rooi
Hierdie twee immergewilde fopdossers het die stad onlangs nuwe lewe gegee toe hulle in die botaniese tuin opgetree het en die gaste ’n ding of twee gewys het.
Ag, my goeie fop! was ‘n skouspelagtige vertoning met snippige, stuitige en parmantige optredes deur die twee fopdossers Shenay O’Brien en Lyz Dexia.
@lowvelder Die immergewilde fopdossers Shenay O’Brien en Lyz Dexia bring vanaand hulle nuwe vertoning, ‘Ag, my goeie Fop!’ op die planke by die Botanical Garden Restaurant in Mbombela! #phillip_musiek #beefcakessouthafrica #beefcakespretoria #dragqueensoftiktok #dragqueens
Dié twee het die gehoor verlede Woensdag 22 November by die Botanical Garden Restaurant gaande gehad. Voordat die restauranteienaar en seremoniemeester Jacques Lombard die twee op die verhoog verwelkom het, het hy eers die gehoor met twee liedjies van sy eie verras.
@lowvelder Die eienaar van die Botanical Garden Restaurant open die vertoning, ‘Ag, my goeie Fop!’ #mbombela #botanicalgarden #agmygoeiefop #fopdosser
KYK: EKSKLUSIEF: Jacques Lombard voer onderhoud met fopdossers Shenay O’Brien en Lyz Dexia in Mbombela
Shenay (Thiart Li) en Lyz Dexia (Phillip Schnetler) se skitterende sang en skreeusnaakse interaksie met mekaar en die gehoor het gesorg dat hulle lê van die lag.
@lowvelder Die gehoor is gaande oor Shenay O’Brien by die Botanical Garden Restaurant in Mbombela. #dragqueensoftiktok #dragqueen #fopdosser #mbombela #botanicalgarden #botanicalgardenrestaurantmbombela
Dié aand was beslis een wat die Laevelders nie sommer gou sal vergeet nie!
@lowvelder Die gehoor is gaande oor Shenay O’Brien en Lyz Dexia by die Botanical Garden Restaurant in Mbombela #beefcakessouthafrica #beefcakes #mbombela #phillip_musiek #dragqueensoftiktok #dragqueen #mbombelashow #dragshow

LEES OOK: Talentvolle Laevelders skitter by SA’s






























