Local news

Nelspruit Voortrekker hanteer noodgeval flink

Die Voortrekkers het Adomay goed toegerus met die stappe om te neem in só 'n noodgeval. Die organisasie se jaarlikse opedag sal hierdie en ander lewensvaardighede wat die kinders aanleer ten toon stel.

“Mamma het die gasstoof aangeskakel en gevra dat ek haar moet help met die voorbereiding van die kos. ‘n Paar minute later het ons gas geruik. Mamma het gesê ek moet die gasstoof toedraai. Ek het verkeerd verstaan en die kas waarin in die gasbottel is, oopgemaak…”

Adomay Bekker ontvang behandeling in die hospitaal nadat ‘n gasbottel in haar gesig ontplof het. > Foto: Verskaf/Petro Bekker
Slegs ’n paar weke na ’n gasbottel in Adomay Bekker se gesig ontplof het, is dit duidelik dat daar geen permanente skade aan haar gesig is nie. > Foto: Yolandi Hyman

Die gasbottel het vandeesmaand in die dertienjarige Adomay Bekker se gesig ontplof. Sy vertel trots dat haar opleiding by die Voortrekkers haar op so ‘n situasie voorberei het.

“Ek het dadelik badkamer toe gehardloop en onder ‘n koue stort gestaan.”

Volgens die medici het Adomay se spoedige optrede daartoe gelei dat sy nie permanente skade aan haar gesig opgedoen het nie.

Haar verhaal is ‘n aanduiding dat die Voortrekkers steeds ‘n relevante organisasie is. Adomay is al vir drie jaar ‘n lid van die Laeveld Voortrekkers en sê dat sy dit vreeslik geniet.

Lees ook: Kaycee staan reg vir die jaar by NHS

Op Januarie 25 het die Voortrekkers hul jaarlikse opedag by die Volliesterrein gehou.

Robert Strydom, CJ Lourens, Dieter Roux, Phillip van Schalkwyk en Fabian du Toit.> Foto’s: Yolandi Hyman

Gedurende die geleentheid het die kommandoleier, Lilanie de Jager, die nuwelinge en hulle ouers toegespreek oor die waarde wat die organisasie toevoeg tot ‘n kind se lewe.

Luka Buys, Jacques Kritzinger, Aiden Nel en Deandro Human.> Foto’s: Yolandi Hyman
Didi de Kock en Annabelle Buck.> Foto’s: Yolandi Hyman

Die organisasie is ‘n kultuurbeweging wat in besonder die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Kimoné Parkes en Nicole van der Merwe.> Foto’s: Yolandi Hyman

Hulle is daarop gerig om die jeug se karakter te ontwikkel. De Jager sê dat die Voortrekkers kinders ruimte gee om te skaaf aan die beste weergawe van hulself.

Justin en Dean Haumann.> Foto’s: Yolandi Hyman

Die Voortrekkers leer hulle lede ‘n verskeidenheid lewensvaardighede, maar dit gaan gepaard met hope pret soos kamp, vlotte bou, in die veld stap en die braai van stokbrood oor die kole.

Nina Joubert.> Foto’s: Yolandi Hyman

Die Voortrekkers het aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem en sien uit na ‘n jaar vol avontuur.

 

Marilu Potgieter en Brumilda Gerber. > Foto: Yolandi Hyman

 

Sebastion du Toit bou ‘n metaalruimtetuig.> Foto’s: Yolandi Hyman

 

Mia Nel.> Foto’s: Yolandi Hyman
Didi de Kock.> Foto’s: Yolandi Hyman

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button