Local news

Pumalanga Aftreeoord hou Skrikkeljaar Country-jol

Die aftreeoord se inwoners het die country-jol met musiek en smullekker cowboykos geniet.

Die opgetooide inwoners van die Pumalanga Aftreeoord het Saterdagaand 24 Februarie hulself by die Skrikkeljaar Country-jol geniet.

Die aftreeoord se lapa is in ‘n wildewestetoneel omskep en die inwoners het cowboykos geniet.

Die Skrikkeljaar Country-jol het vir die inwoners ‘n geleentheid gebied om hulself op te dollie, om die maand van liefde te vier en om net pret te hê, sê Rika Human, een van die organiseerders.

 

Maureen Schoeman, een van die medeorganiseerders, sê dat Pumalanga Aftreeoord dwarsdeur sy geskiedenis al skrikkeljaar gevier het en dat hulle graag die tradisie voorsit. Sy sê dat hulle ook al die tradisies en bygelowe wat daaraan gekoppel word, vier. Van die tradisies en bygelowe is dat ‘n vrou ‘n man kan vra om te trou, en dat jy nie in ‘n skrikkelkaar moet trou of skei nie.

LEES OOK: Innibos 2024 beloof om ’n wenresep te wees

Die wildewestetema is beklink met die bywoning van die twee perde, Cassanova en Hey-sister.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongekile Khumalo

Bongekile is a junior journalist focusing on community news in Mpumalanga, with also a distinctive interest in impactful human interest stories. She began her career in 2019 and was recognised as an upcoming journalist in 2020.
Back to top button