Hoërskool Nelspruit-koor samel geld met Riaan Benadé-optrede in
Riaan Benadé en die koorlede van Hoërskool Nelspruit het onlangs ’n betowerende fondinsameling met ’n gesamentlike optrede van Benadé se enkelsnit, ‘Spontaan’, gehou.
Vanjaar beoog Hoërskool Nelspruit se koor om na Kaapstad te reis en by verskeie kerke op te tree.

Gedurende die toer sal hulle ook deur ’n meestersmusiekstudent by die Universiteit van Stellenbosch gedirigeer word.

Lees ook: Nellies pak Puk-reeks met mening
Die eerste fondsinsameling vir dié koorlede is op 7 Maart in die NHS-skoolsaal gehou.
Die gewilde sanger, Riaan Benadé, het opgetree. Die aand is afgesluit met ’n spesiale optrede van Benadé se liedjie “Spontaan” wat deur hom en die 58 koorlede gesing is.

Kriekie Bekker, die koororganiseerder, sê dat die vertoning deur meer as 700 mense bygewoon is.
“Ons moet R250 000 insamel vir ons koortoer en het reeds met ons eerste fondsinsamelingsprojek meer as R50 000 wins gemaak,” sê Bekker.

