Local news

Laevelders geniet langarmdans by Oewersig-saal

Ongeveer 70 mense het saam gedans en braai. Die volgende langarmdans sal op 4 Mei gehou word, en alle Laevelders is welkom.

Laevelders het op 6 April lekker by die Oewersig-saal gelangarm.

Tussendeur die gedans is daar ook gebraai en aan heerlike kos gesmul.

Lyzelle van Wyk, die organiseerder, sê ongeveer 70 mense, oud en jonk, het die geleentheid bygewoon. Sy sê dat die aand ’n sukses was, en dat al die teenwoordiges dit geniet het.

Lees ook: SAVF Rustig se basaar oudergewoonte ‘n staatmaker

Dié langarmdans word elke eerste Saterdag van die maand gehou. Die volgende een word op 4 Mei gehou word, en almal is welkom.

 
Back to top button