Local news

SAVF Rustig se basaar oudergewoonte ‘n staatmaker

Laevelders het die basaar ondersteun en aan basaarpoeding, boereworsrolle, pannekoek en 'n koektafel vol kolwyntjies, terte en ander varsgebak gesmul.

SAVF Rustig Ouetehuis se basaar is Saterdag, 6 April, by die NG Kerk Witrivier gehou.

Die basaargangers is met tonne gasvryheid verwelkom. Vir die soettand was daar basaarpoeding, pannekoek en ‘n koektafel vol kolwyntjies, terte en ander varsgebak. Boonop was daar ‘n verskeidenheid groente te koop.

Lees ook: Celebrate National Pet Day with pawfect treats and adoptions!

Daar was ou gunstelinge soos basaarkerrie-en-rys en boerewors ook op die spyskaart.

Tweedehandse klere, boeke, handgemaakte breiwerk en wit olifante was ook te koop.

Die Laeveld-gemeenskap het die geleentheid ondersteun en geniet.

 
Back to top button