Local news

Gewilde Dirk van der Westhuizen vermaak Laevelders by Mustangs

Die immergewilde Dirk van der Westhuizen en onlangs ’n besoek in die Laeveld kom aflê.

Die gewilde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Dirk van der Westhuizen, het die Laevelders Saterdag, 11 Mei, met sy optrede by Mustangs – The Dancing Place vermaak.

Heelwat familie en vriende het die vertoning bygewoon. Die hekke het om 17:00 geopen, en Van der Westhuizen se optrede het om
20:00 begin.

Die gehoor het voor die verhoog saamgedrom toe hy sy verskyning maak. Hy het van sy bekende treffers soos “Lusmakertjie”, “Die Tennis Tune” en “Goochy Rokkie (Maak ‘n ding lekker)” opgevoer, en die gehoor het heerlik saam gesing en dans.

LEES OOK: Genres: ‘n Fees van kleur en talent in Hoërskool Nelspruit-revue

Gerda van der Merwe en Janco en Neil Olivier. Foto: Yolandi Hyman
Vaughan Gilchrist, Letitia, Christiaan en Stefan Grobler, en Zane en Shane Meyer. > Foto’s: Yolandi Hyman
Ronnie Raubenheimer, Stefan Grobler en Elvin Chauque. > Foto: Yolandi Hyman

 

Dirk van der Westhuizen tydens sy optrede. > Foto: Yolandi Hyman

 
Back to top button