Local newsSchools

Genres: ‘n Fees van kleur en talent in Hoërskool Nelspruit-revue

Die jaarlikse revue by Hoërskool Nelspruit was weer eens 'n reusesukses, met sewe uitverkoopte vertonings wat ouers, familie en vriende beïndruk het.

Hoërskool Nelspruit se 2024-revue sal vir ‘n lang tyd onthou word vir sy unieke keurspel, kleurvolle uitrustings en pragtige danse.

Dit was ‘n ware skouspel wat weer in die NHS-skoolsaal plaasgevind het, met sewe uitverkoopte vertonings tussen 29 April en 5 Mei. Vanjaar het die vertoning 62 dansers en 16 soliste gehad wat 32 liedjies met oorgawe gesing het.

Die musiekstukke het ‘n wye verskeidenheid genres ingesluit, van Broadway en country tot old-school pop, nuwe pop en gospel.

Stefan Coetzee en Mické Botes. > Foto’s: Verskaf/Hoërskool Nelspruit

Een van die hoogtepunte van die skouspel was die uitvoering van bekende Afrikaanse treffers soos “Ek skyn (heilig)” deur Marnieke Pretorius, “Breyten se brief” deur Reuben van der Linde, “Mis eet slaap herhaal” deur Chrismari Britz, en “Rig jou oë na die berge” deur Menzi Shiba en Edu van Staden. Hierdie treffers het die gehoor meegevoer en die konsertgangers se applous was oorverdowend.

‘n Stukkie unieke drama, getiteld Genres in al hul glorie, is op die planke gebring met ‘n kort vertoning deur Schalk Grobbelaar, Rohann Schultz, Clarissa Botha, Marné Pretorius en Anika van Staden. Hierdie talentvolle span het die gehoor laat skaterlag.

Schalk Grobbelaar en Ronel Basson. > Foto’s: Verskaf/Hoërskool Nelspruit

Een van die mees opvallende aspekte van die revue was die verbysterende talent van die leerders van gr. 8 tot 12. Hulle het bewys dat ouderdom geen verskoning vir kreatiwiteit en uitnemendheid is nie. Dit was ‘n skou vol glans en skouspel, waartydens die leerders hul talente vol trots ten toon gestel het.

Die 2024 Revue sal vir almal wat dit bygewoon het, ‘n onvergeetlike ervaring bly.

Le Roux Evans. > Foto’s: Verskaf/Hoërskool Nelspruit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button