Local news

VIDEO: Laeveldse winters ’n bakatel teenoor Petrus Steyn s’n!

Ons Laevelders bibber, maar in die Vrystaat begroet die winteroggende die inwoners daar met ‘n heel ander prentjie.

Laevelders het maar min om oor te kla. Ons kan darem nog die winter hier verdra.

Hier in ons geweste is die winter koel tot koud, maar toe hulle Dinsdag, 9 Julie, ná ’n snoesige warm nagrus in Mamafubedu (voorheen Petrus Steyn) in die Vrystaat ontwaak, is die inwoners om 07:20 die oggend met -5°C begroet.


Geryp, gevries. ’n Wintersprentjie van ’n heel ander kleur.


Op Jan Joubert se plaas Ruby het die windpomp geduldig en gedienstig in die ysige wind aanhou werk.

KYK VIDEO HIER:

Amelia Venter, ’n stoere Laevelder-Facebook-kennis, het die volgende met die koerant gedeel:

“Dit was vanoggend om 07:20 so -5°C, maar ek glo deur die nag was dit nog kouer. Die hele Petrus Steyn-distrik het vanoggend sonder water opgestaan soos die waterpype toegevries was. Die hele wêreld se waterpype om ons was toegevries, en die koöpersasie het behoorlik besigheid gedoen soos almal nuwe waterpype aangekoop het. Ons vlaktes was spierwit gevries. Hier was ’n ysige wind gewees. By my in die tuin het omtrent alles dood geys. Alles in my tuin wat in vorige wintermaande nog staande was, het oorgeys, maar ek skryf dit aan die ysige wind toe.

“Vandag was beter. Nie ’n lieflike dag nie, want hy byt maar nog.”

Meisie en Jan Joubert het toestemming verleen dat Laevelder hierdie foto’s en video’s van Ruby plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button