Local news

Nuwe voorsitter vir Mbombela se belastingbetalersvereniging is vuur en vlam

Die warm stoel van die Nelspruit Residents and Ratepayers Association is weer ná 'n onverwagse bedanking gevul.

Daar is ‘n nuwe kaptein aan die stuur van die Nelspruit Residents and Ratepayers Association (NRRA).

Na ‘n paar weke van rigtingloos ronddobber in onstuimige water vir dié kampvegter vir die stad se inwoners, word daar nou weer in ‘n duideliker rigting ingeslaan.

Nadine Kruger is pas aangewys as die nuwe voorsitter van die NRRA. Sy vat die warm stoel oor nadat past. TJ Maré onverwags in Mei bedank het.

“Dit het ons ‘n rukkie gevat om weer voete te vind, maar ons kan bevestig ons het nou weer al die bootjies aan wal, en met ‘n baie bekwame dagbestuur is ons vuur en vlam om die gemeenskap van Mbombela te dien,” sê sy.

LEES OOK: IN PHOTOS: Lowveld Media and sponsors make a tangible difference on Mandela Day

Volgens Kruger gaan hulle daarmee voort om die inwoners met probleme en daaglikse kwellinge by te staan. “Ons grootste fokuspunte in hierdie stadium gaan die voortslepende kwessie van die waardasierol van die munisipaliteit wees, asook die sloerende aksie teen studentehuise.”

Die NRRA sal ook binnekort planne bekendmaak oor hoe hulle onder meer geraasbesoedeling, dranklisensies, erfbelasting en die munisipaliteit se implementering en polisiëring van die onderskeie bywette gaan takel. Kruger moedig inwoners aan om by die NRRA aan te sluit. “Hoe groter die ledetal is, hoe makliker is dit vir ons om as ‘n gesamentlike stem vir die gemeenskap op te tree.”

Kontak die NRRA by 079 026 3717 of e-pos nrrainfo1@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button