Local news

FOTO’S: ‘Once in a blue moon’ hemelsig laat die lense fokus

Dat die Laeveld-inwoners en die wêreld Maandag, 19 Augustus, in verwondering met die maan gelaat is, is in hulle kiekies van die seldsame blou supermaan wat dié aand te sien was,duidelik te bespeur.

Maanliefhebbers van die Laeveld – nee, die wêreld – was Maandagaand 19 Augustus spreekwoordelik met die maan gepla.

Laevelder se derduisende volgelinge het omtrent na hulle slimfone en kameras gegryp om die seldsame blou supermaan vas te vang.

Hierdie buitengewone gebeurtenis, waar die maan groter en helderder as gewoonlik voorkom, sal eers weer in 2037 plaasvind.

Dit was ‘n moet-sien-fotosaak vir alle sterrekykers. Dat dit hulle in verwondering gelaat het, was duidelik.

LEES OOK: FOTOS: Geure wat die mond laat water by Longtom Potjiekoskompetisie buite Lydenburg

Volgens Geraldine Oosthuizen het sy haar foto by een van die uitkykpunte op die Geotrail in Barberton geneem.

Sy vertel dat sy die oomblik met haar Nikon Coolpix P1000-kamera vasgevang het. “My settings was in manual mode 1/125 F6. 3 ISO 640,” sê sy.

LEES OOK: IN FOTO’S: OppiDam Vygeboom Musiekfees sorg vir opwinding en vermaak

Theo Scholz vertel dat hy die hele aand rondgery het om hom in die maangesig te verlustig.

“Dit het meer skouspelagtig as tevore gelyk. Ek was nie bewus hiervan nie.”

Laevelder het op sy Facebook-blad gevra dat almal hulle foto’s met hom moet deel, en daar is nie teleurgestel nie.

Die lense is afgestof, die slimfone is gebruik, en daar is gemik en gedruk. Teen die ter perse gaan Dinsdagoggend was daar meer as 227 foto’s wat in die kommentaargedeelte op die pos gepryk het.

LEES OOK: Innibos nooi alle boekwurms na die tweede boekenaweek

En nie net plaaslik nie, maar ook van regoor die land en internasionaal, sover as Kas in Turkye en Mosambiek en Zambië.

Pieter Smit in die ooste van Pretoria het tereg ook laat val dat wanneer hierdie gebeurtenis hom weer in 2037 voordoen, die meeste van ons lank reeds op ‘ernstige pensioen’ sal wees.

Vir baie ‘n once in a blue moon-ondervinding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button