Local news

5 van jong gesin in gru-ongeluk op Schoemanskloofpad uitgewis

Die vragmotorbestuurder het gevlug na die ongeluk, maar is intussen opgespoor. Hy is in aanhouding in Machadodorp.

Behalwe vir ’n 11-jarige dogter wat in kritieke toestand in die hospitaal lê, is die hele Herbst-gesin gisteraand, 24 Oktober, in ’n gru-ongeluk op die Schoemanskloofpad uitgewis.

Die ongeluk het naby die Indabushe Eco Lodge plaasgevind, toe die Herbst-gesin in ’n kop-teen-kop ongeluk met ’n swaar vragmotor betrokke was.

Pieter (39), sy vrou, Chantelle (35), en drie van hulle dogters, Mienke (14), Kara (9) en Anzelle (4), is opslag in die ongeluk dood. Die vyf het in ’n dubbelkajuit bakkie gery.

LEES OOK: Accident on N4 between Machadodorp and Mbombela claims five lives

Klein Amoné, wat agter in die kappie van die bakkie gesit het, het die ongeluk oorleef. Die ongeluk het plaasgevind toe die gesin van Pretoria af na Mbombela oppad was om vir Pieter se ouers, Pieter snr. en Gerty, te kuier.

Op ’n reguit stuk pad het een vragmotor ’n ander op ’n sperstreep verbygesteek, en reg van voor teen die Herbst-gesin se bakkie vasgejaag.

Die bestuurder van die vragmotor het na die ongeluk weggehardloop. Hy is intussen opgespoor en is aanhouding in Machadodorp.

Amoné is met veelvuldige ernstige beserings in Mediclinic Nelspruit opgeneem.

Liza Pillay van dié hospitaal sê die kind se besering was van so ’n ernstige aard dat sy vanoggend met ’n helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is.

’n Woordvoerder van Milpark het bevestig dat Amoné se toestand steeds kritiek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button