Local newsSchoolsSchools galleries

IN FOTO’S: Laerskool Laeveld se onnies hou konsert

Die konsert is oor drie aande aangebied en elke aand het goeie bywoning geniet.

Laerskool Laeveld se onderwysers het vir drie aande al hul geheime tot sukses in onderwys en die lewe tydens die skool se jaarlikse personeelkonsert gedeel.

Vanjaar s’n was onder die tema ‘Praat, ek luister!’ aangebied. Anna Degenerator (Leandri le Roux) was die aanbieder van ‘n fiksionele kletsprogram. Haar gaste was niemand anders as die onderwysers van Laerskool Laeveld, wat met Degenerator die ‘geheime’ van hul werk en persoonlike lewens gedeel het.

Die skool se graadsewes het ook aan die konsert deelgeneem met ‘n paar danse van hul eie, maar die ware sterre was die onderwysers. Van die danse tot die gesprekke met Anna Degenerator het die onnies vir drie aande die klaskamer vir die verhoog verruil en die kinders en ouers gelyktydig betower.

Alhoewel die eerste aand van die konsert op 23 Oktober heel rustig was, het die tweede en derde aande (24 en 25 Oktober) gesorg dat die skoolsaal volgepak is. Die kinders en die ouers het die optredes ten volle geniet, en almal het ‘n wonderlike tyd gehad.

Foto’s: Blake Linder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button