Local newsSchools

Hoërskool Nelspruit se matrieks wéér Mpumalanga se beste

Dié skool is tydens die uitslagvrystelling in Middelburg as die beste in die provinsie aangekondig.

Hoërskool Nelspruit se 2024-matrieks het met hul uitslae die skool en die stad van Mbombela trots gemaak deur die beste skool in Mpumalanga gekroon te word.

Tydens die vrystelling van die provinsiale uitslae van die 2024 Nasionale Seniorsertifikaateksamens in die Steve Tshwete-banketsaal in Middelburg het die LUR van onderwys, Cathy Dlamini, dié aankodiging voor honderde leerders, skoleverteenwoordigers en munisipale beamptes gemaak.

NHS se hoof, Johan Hattingh, het die skool se toekenning ontvang. NHS se 2024-matrieks het weer eens ’n slaagsyfer van 100% met ’n universiteitsvrystellingsyfer van 89,96% (242 uit 269 leerders) behaal. Die 269 matrikulante het verder ’n altesame 366 onderskeidings verdien.

LEES OOK: IN PHOTOS: Ehlanzeni District matrics outshine the rest

Die skool spog met 40 leerders wat ’n gemiddeld bo 80% gekry het, en ’n verdere 45 met gemiddelde tussen 70% en 79%. Altesaam 38 leerders het vier of meer onderskeidings verdien, en die skool se uitblinkerleerder was Sebastian van Heerden, wat binne die top 10 leerders in Mpumalanga geplaas het.

Sebastian het nege onderskeidings ontvang. Sy vakke was Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskap, rekeningkunde, besigheidstudies, RTT en Alpha-wiskunde.

Sebastian van Heerden. Foto: Verskaf/Hoërskool Nelspruit

NHS se suksesvolste vak was ontwerp. Daardie leerders het ’n gemiddeld van 75,9% verdien, en die inligtingstegnologieleerders is kort op hulle hakke met ’n gemiddeld van 75,5%.

Die provinsiale onderwysdepartement het Sebastian ook tydens die geleentheid in Middelburg vereer. Hy het nege onderskeidings in sy uitslae behaal, en het die skool ongelooflik trots gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button