Local news

Laerskool Nelspruit se graadeens pak nuwe hoofstuk aan

Die opgewondenheid was tasbaar toe die gr. 1-leerders vir hul heel eerste skooldag by Laerskool Nelspruit aankom.

Met glimlagte op hul gesigte en tasse in die hand is dié jongetjies hartlik deur hul onderwysers en skoolpersoneel verwelkom, gereed om hierdie nuwe hoofstuk aan te pak.

Die skool het spesiaal ’n besonderse verwelkoming voorberei, met kleurvolle versierings en ’n vrolike atmosfeer wat die dag onvergeetlik gemaak het.

Janri Gerber.

Die ouers het met trots toegekyk hoe hul kinders hul eerste treë in ’n wêreld van leer en groei neem, wat die toon vir ’n belowende jaar stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button