Gaan Innibos weer eens by die Fiëstas koning kraai?
Twee van Innibos se debuutproduksies vir die feesjaar van 2024 is vir die kykNET Fiëstas genomineer.
Uit die nuutste nominasies van die land se beste feeste en produksies onder die kykNET Fiëstas, pronk die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees trots met twee vir 2024 se fees.
Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was. Innibos is trots om aan te kondig dat dié fees al vyf keer Fees van die Jaar by dié toekenningsgeleentheid gewen het.
Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, die Suidoosterfees, Innibos, die Vrystaat Kunstefees, die Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en die Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies op die planke te sien.
LEES OOK: Innibos wen fees van die jaar vir die vierde keer
Ná ’n breedvoerige stemproses wat deur ouditeure nagegaan is, is die benoemdes in 14 kategorieë bepaal.
@lowvelder Vir die derde episode van Die kort en die lank, met Laeveld Media se Jana Schlechter en Blake Linder, loop hulle die warmste en bekendste kokke op die Innibos-feesterrein raak. Kyk saam hoe ons ’n draaitjie met Frikkie die Vlieënde Feesvark en sy nefie Frikkadelletjie stap, en sien hoe hulle vir die grootste glimlaggies sorg sover hulle gaan. Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees feesgees innibos Innibos2024
Twee Innibos-produksies is vir die feesjaar van 2024 benoem: Die Saterdagaand Legendes-konsert is ’n hoogtepunt van die fees, saamgestel deur Deedee en Floors Oosthuizen onder leiding van Murray Lubbe.
LEES OOK: Feesgangers smul aan Innibos Kunstefees 2024 in Mbombela
Met ’n vol orkes, vuurwerke en topkunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Willem Botha, Brendan Peyper, Emo Adams, Swing City en nog meer, was dit ’n skouspel om te onthou!
LEES OOK: Innibos wen weer eens fees van die jaar
Die Musikale Meander was ’n unieke ervaring in die pragtige Sudwala Grotte met kunstenaars soos Zanta Hofmeyr, Stéfan Louw, Amira Willighagen en Charl du Plessis.
LEES OOK: Bladsy vir bladsy was die Innibos Boekenaweek die blaai werd
Sandra Jacobs, ’n direkteur van Innibos, sê sy wil almal graag hartlik vir elke benoeming in die verskeie kategorieë gelukwens.
“Dis voorwaar ’n groot prestasie en maak ons trots.”
Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid is op Donderdag, 27 Februarie, by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine in Kaapstad, waar die wenners aangekondig gaan word.
LEES OOK: Mistige nat Natsteen-naweek op Kaapsehoop: sielsvreugde
