Local news

FOTO’S: Reis deur tyd maak Herfsakkeroggend een van lag en plesier

Huis Herfsakker is onlangs met 'n oggendkonsert bederf wat vir lank onthou sal word.

Saterdag was ‘n oggend vol liefde, lag en kosbare herinneringe toe Debbie en haar poppe ‘n pragtige vertoning, Love Songs from Yesteryear, by SAVF Herfsakker aangebied het.

Met haar vriendelike geaardheid en lewendige poppe het sy die senior inwoners se harte gesteel.

LEES OOK: VIDEO: Sang, dans en grappe by Hersfakker se talenkompetisie

Haar vertoning was nie net ‘n reis deur tyd met gewilde ou liedjies nie, maar ook ‘n interaktiewe ervaring wat elkeen in die saal betrokke laat voel het. Die glimlagte in die gehoor het alles gesê; dit was ‘n oggend vol vreugde en warmte.

Die poppe was die sterre van die vertoning en het ‘n spesiale band met die seniors gevorm.

LEES OOK: Nuwe laag verf lig gemoedere by Herfsakker

Hierdie wonderlike vertoning is moontlik gemaak deur Leo’s Edutainment, wat spesifiek daarop fokus om seniors met vermaak en opvoeding te bederf. Dit was beslis ‘n oggend om te onthou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button