Local news

Bekende sanger byna slagoffer van misdaad op N4

Pieter Rischmüller het twee moontlik aanvalle op die N4 afgeweer en danksy sy bestuursvernuf veilig by die huis aangekom.

Die bekende Laeveldse sanger, Pieter Rischmüller, het verlede week twee keer binne een uur byna ‘n slagoffer van misdaad op die N4 geword.

Rischmüller, beter bekend as Piet Pompies, was in die middernagtelike ure van Donderdag, 27 Februarie, van ‘n funksie in Krugersdorp op pad Laeveld toe, waar hy Vrydag by die Indigo Smiles Autism Foundation NPC se gholfdag vir outisme bewusmaking, moes aanklop.

Dit is toe dat hy die eerste voorval, danksy sy bestuursvernuf, kon af weer.

LEES OOK: Piet Pompies nominated for four Afri-Indie Music Awards

Naby die eMalahleni-voetgangerbrug het hy twee swart voorwerpe, wat hy vinnig as skerpgemaakte staallokvalle, oftewel spikes, geïdentifiseer het, op die pad opgemerk.

Deeglik bewus van die gevare wat dié voorwerpe inhou en met die moontlikheid van boosdoeners wat wag om toe te slaan sou die voertuig tot stilstand kom, het hy vinnig reageer en kon hy die lokvalle vermy.

Skaars ‘n uur later, op ‘n skerp draai ongeveer vyf kilometer van die Alzu-vulstasie af, merk hy vyf klippe in die pad op. Met die aankomende verkeer se ligte, het hy die klippe te laat gesien en sy linkervoorwiel het een daarvan getref. Gelukkig het die klip net die onderstel van sy bakkie getref en geen skade veroorsaak nie.

LEES OOK: IN PHOTOS: Lila Swift and Piet Pompies wow Lowveld crowd with a Valentine’s performance

Rischmüller het weer koelkop tot by Alzu gery waar hy en ‘n pompjoggie die band en onderstel geïnspekteer het. Hy het omstreeks 02:45 veilig by die huis aangekom.

Rischmüller beklemtoon die belangrikheid van defensiewe bestuur op die land se paaie.

Solange Soares, TRAC N4 se woordvoerder, meld dat misdaad-voorvalle op dié pad, veral in die Bronkhorstspruit/eMalahleni-gebied, gereeld voorkom en dat padpatrollies die afgelope maand verdubbel is as ‘n voorkomende maatreël.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button