Local news

Vriende bring eer aan gestorwe maat

Daar is tydens die afskeidseremonie hulde aan Janco Smith gebring en sy vriende het wit ballonnne die lug ingestuur ter nagedagtenis aan hom.

Terwyl die dorp nog oor die verlies van Janco Smit (16) rou, het van sy vriende Maandag, 7 April, hulle laaste eerbetoon aan hom bewys.

Sy vriende en kennisse het elk met hulle eie veldrenmotorfietse vanaf McGee-vulstasie na die hoek van Viljoen- en Brugstraat, waar Janco verongeluk het, gery. Die groep is deur verkeersbeamptes van die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit in die straat af begelei.

Daar het sy vriende ’n laaste eerbetoon aan hom bewys deur wit ballonne die lug in te stuur en ruikers by die opgerigte kruis neer te lê.

Janco is oorlede nadat sy veldrenmotorfiets met ’n voertuig op die hoek van Viljoen- en Brugstraat gebots het. Die tragedie het net ná 16:00 op Donderdag, 27 Maart, gebeur.

Lees meer: UPDATE | Condolences pour in after beloved High School Lydenburg learner dies in motorcycle accident

Paramedici, verkeersbeheer en die plaaslike polisie was binne minute op die toneel, maar niks kon vir Janco gedoen word nie.

Janco Smit (16) is oorlede na sy veldfiets met ‘n voertuig in Viljoenstraat gebots het.

Volgens sommige ooggetuies en die verkeersbeheerbeamptes, het die jong vrou wat die motor bestuur het, gesê sy het in Brugstraat na die kruising by Viljoenstraat gery.

Die verkeersbeamptes meen sy het die motorfiets gesien, maar dat hy nog ’n hele ent weg van die stopstraat was. Sy het by die kruising stilgehou en met die wegtrek, het die botsing met Janco se motorfiets plaasgevind.

Sy het in die proses net ligte beserings opgedoen, maar was in ’n toestand van erge skok.

Ondanks die paramedici se desperate pogings, is Janco op die toneel dood verklaar.

‘n Laaste terugblik na die kruis en harde brulle vir hulle gestorwe vriend.

Na aanleiding van die nuus van sy tragiese dood, het die gemeenskap Facebook met boodskappe oorstroom en hul innige meegevoel met die familie uitgespreek.

Hoërskool Lydenburg het ook sy simpatie met Janco se familie en vriende betoon. “Ons is diep hartseer om te verneem van die heengaan van Janco Smit. Ons innige simpatie gaan uit aan sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button