‘Bomskok’: Nuwe wapenbeheerwette wek groot kommer
Dramatiese wetgewing wat die SAPD ten opsigte van wapens wil oplê, laat menige warm onder die kraag.
Verregaande. Onredelik. Ondeurdag. Onuitvoerbaar.
Dit is hoe Tobie du Preez, die eienaar van een van die stad se groot sekuriteitsmaatskappye, Divergent Ops, hierdie week op die ‘bomskok’ met betrekking tot die dramatiese wetgewing wat die polisie wil deurdruk om die sekuriteitsbedryf ten opsigte van wapens aan bande te lê, gereageer het.
Die aankondiging van die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer, soos op 25 Maart in die Staatskoerant no. 52388, Kennisgewing 3088 gepubliseer is, het aansienlike kommer in verskeie sektore veroorsaak, sê Du Preez.
Die wetgewing, wat deur talle in die sekuriteitsbedryf as drakonies beskryf word, is daarop gemik om maatskappye se gebruik van enige vorms van wapen, hetsy gewere, pistole of rewolwers of selfs items soos rubberkoeëls, knuppels, skokstokke (tazers) en selfs handboeie, te beperk.
LEES OOK: Bekende dorpenaar van Sabie hof toe oor vuurwapen in familielid se kar
“In ‘n land wat reeds deur misdaad geteister word en waar die polisie lankal nie meer die eerste linie van beskerming is nie, het die rol van privaat sekuriteit al hoe belangriker geword. As jy in ag neem daar is 610 000 geregistreerde sekuriteitsreaksiepersoneel en wagte in die bedryf betrokke, is dit by verre meer as die polisie (182 000) en weermag (74 000) se getalle saam.
PSiRA CEO clarifies some concerns related to proposed regulations.
Public comments can be sent to
Regulations@psira.co.za #PSiRALive pic.twitter.com/PEXFfbNHqw— IG: PSiRALive (@PSiRALive) April 11, 2025
“Suid-Afrika worstel steeds met kommerwekkende misdaadsyfers. Onlangse statistieke wat deur die SAPD vir die derde kwartaal van die 2024/25-boekjaar vrygestel is, skets ’n harde prentjie met meer as 6 500 moorde wat tussen Julie en September 2024 gepleeg is. Dit is gelykstaande aan ’n gemiddeld van 73 lewens wat daagliks verloor word. Verder was daar meer as 7 000 pogings tot moord en meer as 42 000 gevalle van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike besering aan te rig.”
Du Preez sê die syfers beklemtoon die dringende behoefte aan robuuste maatreëls om misdaad doeltreffend teen te werk en die beskerming van kwesbare gemeenskappe te prioritiseer.
LEES OOK: Farm attack victim to receive prosthetic leg
Volgens hom het die polisie geensins die wetgewing deurdink en die praktiese implementering van sekere aspekte in gedagte gehou nie. Een van die veranderinge wat beplan word, is dat alle vuurwapens met ’n opsporingstoestel toegerus word. “Daar bestaan wêreldwyd nie eens sulke tegnologie nie,” sê hy.
“Ten opsigte van die betrokke verandering, skiet die polisie met hulle eie bestaande wetgewing hulleself in die voet. Bestaande wetgewing vereis dat enige verandering aan enige vuurwapen deur ‘n gekwalifiseerde wapensmid gedoen moet word. Hoe verwag hulle dat die miljoene vuurwapens wat tans wettiglik in Suid-Afrikaners se besit is, aangepas word?”
Tydens ’n voorlegging aan die parlement verlede jaar, is daar beraam dat daar nagenoeg 5,5 miljoen vuurwapens in die land in omgang is. Hiervan is ongeveer drie miljoen wettig.
“Dit is verstaanbaar dat die wetgewer die veiligheid van die publiek voorop stel, en ek glo dat daar nooit genoeg regulasie kan wees om die veilige hantering van wapens af te dwing nie,” sê John Meintjies, die voorsitter van die stad se gemeenskapspolisiëringforum.
“In hierdie stadium is my gevoel 50/50 oor die beoogde wetgewing. Aan die een kant ondersteun ek strenger beheer, veral in openbare plekke soos skole, maar aan die ander kant maak baie van die regulasies nie sin nie.
“Met van die sinnelose veranderinge word niemand, behalwe kriminele wat onwettige wapens het, bevoordeel.”
Hy moedig die publiek aan om beswaar teen die voorgenome wetgewing aan te teken.
Of dit nou opsetlik of ’n wesenlike fout was, is die e-pos-adres wat op die beoogde wetgewing aangetoon word om besware aan te teken, foutief.
’n Korrekte posadres is regulations@psira.co.za. Besware moet voor die einde van April ingestuur word.
[COMING UP]
There are almost three million private security officers and guards in South Africa.
Proposed amendments to Private Security Industry Regulatory Authority (PSIRA) regulations have sparked major concerns.
The security industry says its will destabilise the sector.… pic.twitter.com/u0eZL4gKwe
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) April 12, 2025
