Mbombela se eie meesterkok drukkook in debuutproduksie op TV
ynand Visagie wat onlangs Come Dine With Me gewen het, het sy debuut in ’n splinternuwe TV-reeks gemaak
Ná sy oorwinning op BBC Lifestyle se Come Dine With Me South Africa, het Wynand Visagie (41) Vrydag sy debuut op die opwindende nuwe TV-reeks, Drukkoker gemaak.
Visagie het hom as ’n gedugte kok tydens Come Dine With Me SA bewys, waar hy sy mededingers en die kykers met sy uitstekende spyskaart en gasvryheid beïndruk het.
@lowvelder And the winner is? Wynand Visagie, Zubeida Essack, Azande Shongwe and Caroline Harris took each other on and dazzled viewers with their culinary skills in Come Dine With Me South Africa‘s historic Lowveld debut. Read all about the winner in this week’s edition of the Lowvelder. #comedinewithme #southafricatiktok🇿🇦 #bbc #lowveldliving #winner #cheff #cookoff > Video: Supplied
Sy oog vir detail en vermoëns om ’n onvergeetlike eetervaring te skep, het hom die gesogte prys van R10 000 besorg.
LEES OOK: VIDEO: Visagie know’s how to dine and wine – and is R10k richer
Visagie glo hy is bekwaam genoeg om ook dié nuwe reeks kaf te draf, en met ’n belegging van R300 000 weg te stap om sy restaurantdrome te help bewaarheid.
Sy passie, kreatiewe brein en ’n liefde vir syfers, meen hy is die wenresep tot sukses in dié reeks. Dié finansiële adviseur van Liberty Life het vir ’n geruime tyd as ’n kos- en drankbestuurder opgetree.
Sy ideale restaurant sal klein en intiem wees – ook abstrak en met hope nostalgie.

Noordwyk.
Om ’n suksesvolle restaurant te bestuur, is glad nie kinderspeletjies nie, en VIA se splinternuwe werklikheidsprogram, Drukkoker, is vir seker ook nie jou doodgewone kookkompetisie nie. Vyf hoopvolle kokke en vyf entrepreneurs, oftewel bestuurders van wie Visagie een is, betree die Drukkoker-restaurant om ’n potensiële sakevennoot te vind om saam-saam aan ’n nuwe koshandelsmerk te bou.
Die bestuurders en kokke neem in vyf spanne deel en sal in die loop van 13 episodes sake uitspook om ’n belegging van R300 000 los te slaan.
Elke duo het die kans om beheer van die Drukkoker-restaurant te neem om te wys wat dit verg om ’n sakeonderneming aan die prut te hou. Hulle moet ook aan hul mededingers bewys dat hulle kosbesigheid potensiaal het.
LEES OOK: PappaChef en bekendes kattemaai en kook in die kombuis
Drukkoker gaan nie net oor kos nie, maar ook oor vennootskappe en verhoudings, sê die aanbieder, Armand Aucamp-van Noordwyk.
“Dis ’n ongelooflike opwindende reeks, propvol nuwe uitdagings, nuwe reëls en ongekende kreatiwiteit wat in die restaurant afspeel. Daar wag kinkels om elke hoek en draai, smullekker kos en onverwagte kreatiewe dekor, aanslagte en hope atmosfeer. Daar word besonderse tafels met liefde, hart, karakter en strategie gedek wat slegs in dié restaurant plaasvind. Die titel, Drukkoker, is eintlik heel gepas, want die druk in daai kombuis het by tye kookpunt bereik en my senuwees was self klaar,” het Aucamp-van Noordwyk gesê.
Drukkoker het Vrydag, 23 Mei, om 20:00 afgeskop en die program se heruitsendings is Saterdae om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147).
