Local news

NG Gemeente Hazyview vier 50 jaar met familiefees

Familiefees bring die Hazyview-gemeenskap bymekaar vir ’n goeie doel.

Die NG Gemeente Hazyview het Saterdag hulle Familiefees aangebied om 50 jaar as ’n geestelike toevlugsoord vir baie in die omgewing te vier.

Volgens die komitee was die fees ook ’n geleentheid om fondse in te samel om die kerk se 43 jaar oue gebou in stand te hou.

Ten spyte daarvan dat dit die eerste keer was dat die gemeente so ’n groot geleentheid aangebied het, was dit ’n reusesukses en het dit talle gesinne bymekaar gebring. Van die fondse word ook vir die versorging van minderbevoorregtes in die gemeenskap gebruik.

Zahraan Jassat.

Die fees kan, volgens die komitee, moontlik ’n jaarlikse instelling word aangesien die ‘toetslopie’ so goed verloop het. Die inwoners het die kerk aangemoedig om meer sulke feeste te hou, aangesien die dorp nie baie sulke geleenthede aanbied nie.

Lees meer hier: NET Afrikaans vat hande met mediastaatmaker Laevelder

Bekende kunstenaars het die skare vermaak en verskeie stalletjies het heerlike en interessante items verkoop. Die komitee het seker gemaak dat daar iets vir almal was. ’n Speelterrein en verskeie ander aktiwiteite het gesorg dat die kinders die feestelikhede ook kon geniet.

Anneke Burger en Odette Badenhorst.

Die komitee het saamgestem dat, ten spyte van klein haakplekkies wat vinnig uitgesorteer is en waarvan die feesgangers dalk nie eens bewus was nie, die fees ’n groot sukses was. Sommige besoekers het na die tyd ’n vraelys voltooi en 100% het gesê dat hulle weer so ’n fees sal bywoon.

Ilanie en Pierre Klopper.

 

Lynka Pieters.
Sarita Tuney.
Louis Nel en Chantal Price.
JP en Claudia Maulgne.

 

Danica en Muhammad Waker en Zainab Hussein.
Kirsti Muller.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Tumelo Waga Dibakwane

Tumelo Waga Dibakwane is a seasoned journalist, who started his career in 2012. He is actively involved in a variety of socio-economic stories that affect communities in the Lowveld at a grassroots level. He has have covered a myriad of stories, some of which have highlighted the plight of township and village life.
Back to top button