Nuuskierige agies leer meer oor koerantwese by Laevelder
Daar is lekker by Laevelder gekuier.
Moemin Vallei se junior en senior leerders het die geleentheid gekry om te sien hoe ‘n koerant by Laevelder aanmekaar gesit word.
Die jongspan het Dinsdag en Woensdag opgewonde by elke departement ‘n draai gaan maak.

Die opwindendste was seker die fabriek waar hulle kon sien hoe die koerant gedruk word ná ’n week se harde werk in die verskillende departmente om die varste nuus vir die lesers te bied.

Melissa van Vuuren, die eienaar van Moemin, het aan Laevelder gesê dat hulle ‘n groep leerders was wat saam kuier en van skool ’n fees maak!
“Ons het so baie op die toer geleer. Dit was pret om deur die fabriek te loop en om inligting bymekaar te maak,” het sy gese.
Sou iemand belangstel in ‘n soortgelyke besoek, e-pos gerus louise@lowvelder.co.za.







